Krisjna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Krisjna (Kṛṣṇa)
'n Murti van Krisjna in die Sri Mariamman Tempel, Singapoer.
'n Murti van Krisjna in die Sri Mariamman Tempel, Singapoer.
Devanagari: कृष्ण
Affiliasie: Agtste awatar van Wisjnoe
Mantra: Om Namo Narayanaye, Om Namo Bhagavate Vasudevaye, Om Vishnave Namah, Hare Krishna Mantra
Wapen: Sudarsjana Chakra
Metgesel: Rukmini, Satyabhama, Jambawati, Kalindi, Mitrawinda, Nagnajiti, Bhadra, Lakshmana, Radha
Rydier: bees

Krisjna (Sanskrit: कृष्ण, Gujarati: કૃષ્ણ. Kr̥ṣṇa, beteken "swart" of "blou") is 'n Hindoeïstiese Godheidsvorm wat dikwels vereer word as die agtste awatar van Wisjnoe. Vir sy aanhangers is hy die inkarnasie van die opperwese.

Die Hindoe heilige geskrifte beskryf Krisjna se gelaatskleur as vergelykbaar met 'n onweerswolk. Hy het dikwels 'n fluit, die Bansoeri, by hom, en dra 'n pouveer in sy hare. Alhoewel hy nie geskiedkundig gesien word as iemand wat werklik geleef het nie, gaan Hindoes van die standpunt uit dat hy werklik geleef het. Hindoelogie ondersoek wel getuienis vir sy bestaan.