Kruisplatform

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Kruisplatform is 'n term wat gebruik word in die rekenaarwetenskap en beteken dat meer as een bedryfstelsel of rekenaarargitektuur ondersteun word.

'n Kruisplatform toepassing kan op twee of meer bedryfstelsels loop. Moontlik op Microsoft Windows, Linux en Mac OS X.

Linux, in teenstelling met Windows, is 'n voorbeeld van 'n kruisplatform bedryfstelsel wat op x86, ARM, PowerPC en verskeie ander rekenaarargitekture kan funksioneer.

Voorbeelde van kruisplatform programmeringstale is C, C++, Java, JavaScript, PHP, Python en Tcl. Toepassings wat in sulke tale geskryf is kan onveranderd of deur herskryf op ander platforms bedryf word.