Larva migrans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Hierdie infestasie van die vel word veroorsaak deur die larwes van die hond en kat haakwurms. Kontak met besmette sand laat die larwe toe om in die vel in te penetreer en vandaar versprei die larwe deur die vel. Oral waar die larwe gaan veroorsaak dit 'n irritasie wat rooierig is en baie kan jeuk.

Tans word Thiabendazole rome gebruik om die larwe dood te maak. Soms is orale behandeling egter ook nodig.