Leier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Leiers van die G8-lande poseer vir 'n groepfoto.

'n Leier is iemand wat die gesag het om 'n groep mense te lei (die groep te beïnvloed vir realisering van doelstellings of 'n beoogde eindbestemming). 'n Leier kan ook 'n groep mense verteenwoordig. Oor die algemeen word leiers deur die groep self verkies, maar leiers kan ook oor andere aangestel word. 'n Leier se styl kan wissel van outokraties, soos 'n militêre leier, tot demokraties, soos die President van 'n land.

Leierseienskappe[wysig]

Hoewel sekere mense oor meer natuurlike leierskap-eienskappe beskik, kan hierdie eienskappe ook aangeleer word. 'n Goeie leier behoort oor die volgende vaardighede te beskik:

  • analitiese vermoë
  • oortuigingskrag
  • sosiale vaardighede
  • motiverende vermoë

Kyk ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]