Manchester United

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Manchester United
Volle naam Manchester United Football Club
Stigting 1878 as Newton Heath LYR F.C.
Tuisveld Old Trafford, Manchester
Kapasiteit 75,731 [1]
Voorsitter Vlag van Verenigde State Joel en Avram Glazer
Afrigter Vlag van Nederland Louis Van Gaal (vanaf Julie 2014)
Liga Premier League
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
Die hoofingang van die stadion.

Manchester United Football Club is 'n Engelse professionele sokkerklub, wat in Old Trafford, Manchester gebaseer is. Hulle speel in die Engelse Premier League. Manchester United is gestig as Newton Heath Lyr Football Club in 1878 en die klub het sy naam verander 1902. In 1910 het die klub verhuis na Old Trafford en is vandag een van die mees suksesvolle klubs in Engelse sokker.

Manchester United het die meeste ligatitels (20) van enige Engelse klub, [2] 'n gesamentlike rekord 11 FA Cups, vier League Cup’s, en 'n rekord-twintig FA Community Shields gewen. Die klub het ook drie Europese toernooie (een UEFA Cup Winners 'Cup, een UEFA Super Cup, een Intercontinental Cup) en een FIFA Klub Wêreldbeker gewen. In 1998-1999, het die klub 'n kontinentale trippel, van die Premier League, die FA Cup en die UEFA Champions League gewen.

Manchester United is die derde rykste sokkerklub in die wêreld vir 2011-12, in terme van inkomste, met 'n jaarlikse omset van €395 900 000, en die tweede mees waardevolle sportspan in 2013, ter waarde van $3 165 000 000.[3]. Die klub is in Mei 2005 gekoop deur Malcolm Glazer in 'n transaksie wat die waarde van die klub op byna £800 000 000 gestel het.[4] In Augustus 2012 het Manchester United gelys op die New York Aandelebeurs.

Verwysings[wysig]

  1. Manchester United - Stadium”. premierleague.com. Premier League. URL besoek op 12 August 2013.
  2. "Manchester United win 11th FA Cup", CBC Sports (Canadian Broadcasting Corporation), 22 May 2004. URL besoek op 24 June 2010.
  3. Badenhausen, Kurt, "Real Madrid Tops The World's Most Valuable Sports Teams", 15 July 2013. URL besoek op 13 December 2013.
  4. "Glazer gets 98% of Man Utd shares", BBC News, British Broadcasting Corporation, 23 June 2005. URL besoek op 24 June 2010.