Masedonië (streek)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vir ander gebruike van die naam "Masedonië" sien die Masedonië-dubbelsinnigheidsblad.
Die historiese Masedonië word nou verdeel deur die nasionale grense van Griekeland, Serwië, Bulgarye, Albanië en die Republiek van Masedonië.

Masedonië is ’n geografiese en historiese streek in die Balkan-skiereiland in Suidoos-Europa. Sy grense het mettertyd baie verander, maar deesdae vorm dit deel van vyf lande: Griekeland, Serwië, Bulgarye, Albanië en die Republiek van Masedonië. Dit is sowat 67 000 km2 groot en het ’n bevolking van 4,76 miljoen.

Die oudste nedersettings in die streek dateer 9 000 jaar terug. Van die middel van die 4de eeu v.C. het die antieke Koninkryk van Masedonië die oorheersende mag in antieke Griekeland geword onder die Argeïese Dinastie, waarvan die belangrikste lede Alexander die Grote en sy pa, Philippus II, was. Sedertdien het Masedonië ’n uiteenlopende geskiedenis gehad.

Bronne[wysig]

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelstalige Wikipedia

Eksterne skakels[wysig]