Masturbasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wedersyde masturbasie soos uitgebeeld deur die skilder Johann Nepomuk Geiger

Masturbasie is die praktyk van seksuele selfbevrediging deur die seksuele organe met die hand te stimuleer.

Vroeër is ook na die praktyk as selfbevlekking verwys, omdat daar geglo is dat dit tot sielkundige afwykings en uiteindelik waansin kon lei. 'n Ander term daarvoor is "onanie", afgelei van die verhaal in Genesis 38:9 waar geskryf staan: "Onan het geweet dat die kinders wat gebore sou word, nie as syne beskou sou word nie, en daarom het hy elke keer as hy met die weduwee van sy broer gemeenskap gehad het, gesorg dat sy saad op die grond kom. Hy wou nie dat daar kinders vir sy broer gebore word nie." "Onanie" is dus eerder 'n korrekte beskrywing van "coitus interruptus", oftewel saadstorting buite die vagina.

Begin[wysig]

Een of ander stimulering van die seksuele organe kom by baie babas van net 'n paar maande oud voor. Luidens een ondersoek is dit die geval by meer as die helfte van babas onder die ouderdom van een jaar. Vir die meeste mans begin die doelbewuste gebruik van masturbasie as seksuele stimulant eers tussen die ouderom van nege en 18 jaar. In twee-derdes van gevalle is masturbasie 'n man se eerste ervaring van ejakulasie of saadstorting. Vroue wat wel masturbeer begin oor die algemeen vroeër as mans. Teen die ouderdom van 20 het net een uit vyf dit op die proef gestel terwyl 92% van mans het. Masturbasie is die bron van hulle eerste orgasme vir net 'n derde van vroue.

Volwasse lewe[wysig]

Manlike masturbasie wissel van een maal of minder per maand tot een, twee of drie maal per dag. Van diegene wat masturbeer is die voorkoms sowat twee maal per dag op ouderdom 15. In die geval van vroue is dit baie minder. Die ware voorkoms van masturbasie hang baie af van opvoedingsvlak, ouderdom en getroude status. Die voorkoms is die hoogste by jonger mense met 'n hoë vlak van opvoeding.

Bronne[wysig]

  • Diagram Group, Man's Body - An Owner's Manual, Bantam Books, London et. al., 1983.