MuseScore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
MuseScore
Screenshot MuseScore 0.9.4.jpg
MuseScore 0.9.4 op Microsoft Windows XP

Ontwikkelaar Werner Schweer
Mees onlangse weergawe 1.3/ Februarie 27, 2013; 20 maande gelede (2013-02-27)
Programmeertaal C++ (Qt)
Bedryfstelsel Microsoft Windows, Mac en Linux
Beskikbaar in Veeltalig
Kategorie Musieksagteware
Lisensie GPL
Webblad (en) Projekblad

MuseScore is 'n gratis musieknotasiesagteware in WYSIWYG[1] en 'n kostedoeltreffende alternatief vir professionele programme soos Sibelius en Finale. Dokumente kan gedruk word as gegraveerde bladmusiek of in PDF- of MIDI- formaat gestoor word. Die Sagteware is geskep deur Nicolas Froment, Thomas Bonte en Werner Schweer in 2008.

Sommige hoogtepunte:

  • WYSIWYG - note word geplaas op 'n virtuele noteblad
  • Onbeperkte hoeveelheid mate
  • 'n Maksimum van vier stemme per maat
  • Maklike en vinnige noot byvoeging deur middel van 'n toetsbord, muis of MIDI-klawerbord
  • Geïntegreerde terugspeler en FluidSynth-nabootser
  • Invoer en uitvoer van Music XML en standaard-MIDI-lêers
  • Beskikbaar vir Windows, Mac OS X en Linux
  • GNU Algemene Publieke Lisensie
  • MuseScore is beskikbaar in 48 tale [2]


Draagbare weergawe[wysig]

MuseScore loop ook as 'n draagbare toepassings en kan op 'n verwyderbare stoortoestel soos 'n CD, USB-dataduim, flitskaart, of disket gestoor word.

MuseScore en die Goldberg Variasies[wysig]

In 2011, is 'n projek van stapel gestuur om hoë-gehalte gedrukte en klankweergawes van die Goldberg-variasies te skep. 'n Kickstarter-veldtog is bekend gestel om geld in te samel.

Die finale gegraveerde telling was volledig in MuseScore geskep en kan gratis aflaai word.

Eksterne skakels[wysig]

Aantekeninge[wysig]

  1. wat jy sien is wat jy doen
  2. Afrikaans, Arabies, Asturies, Baskies, Brasiliaanse Portugees, Teggies, Engels, Frans, Galasies, Duits, Farsi, Hindi, Hongaars, Italiaans, Russies, Spaans, Turks, Deens, Fins, Sweeds, Noorweegs, Tradisionele Chinees, (Taiwanees), Oekraïnies, Pools, Romeens, Katalaans, Grieks, Japanees, Vereenvoudigde Chinees, Koreaans, Sloweens, Faroëes, Slowaaks, Litaus, Kroasies, Belarussies, Vietnamees, Esperanto, en Persies, hoewel sommige vertalings nog onvolledig is.