Muurbal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Muurbalspel tussen twee spelers.
'n Muurbalbaan met glaswande, sodat toeskouers die spel kan dophou.

Muurbal is 'n raketsport wat deur twee deelnemers in 'n geslote ruimte gespeel word. Tydens die spel word 'n klein rubberballetjie met 'n raket teen die voorste muur geslaan. Die doel is om die teenstander te klop deur die bal te slaan en twee keer te laat bons voordat die opponent daarby kan uitkom, of om die opponent te dwing om die bal buite spel te slaan.

Toerusting[wysig]

Raket met bal.

Die bal[wysig]

Die bal word van rubber gemaak. Dit is hol binne en bons hoër as dit eers warm is. Balle word met verskillende kleure kolletjies gemerk. Balle met geel kolletjies is stadig. Balle met groen of wit is gemiddeld vinnig. Balle met rooi kolletjies is baie vinnig.[1]

Die raket[wysig]

Die raket is soortgelyk aan 'n tennisraket, maar is ligter en kleiner. Die spesifikasies het oor die jare verander, en rakette is besig om groter te raak.

Verwysings[wysig]

  1. Squash Balls”. www.squashplayer.co.uk. URL besoek op 2011-02-06.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Squash (bladsy)