Nanchong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nanchong
南充
Die Zhang Fei-tempel in Nanchong.
Die Zhang Fei-tempel in Nanchong.
Ligging van Nanchong op 'n kaart (Volksrepubliek van Sjina)
Nanchong
Nanchong
Ligging in die Volksrepubliek van Sjina
Koördinate: 31°15′00″N 106°14′00″O
Land Vlag van Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina
Provinsie Sichuan
Regering
 - Kommunistiese Party van Sjina Sekretariskomitee Liu Hongjian
Oppervlak
 - Stad 12 479 km²  (4 818 vk m)
Hoogte 340 m (1 120 vt)
Bevolking (2010)
 - Stad 6 278 622
 - Digtheid 500/km² (1 300/vk m)
Tydsone SST (UTC+08:00)
Poskode 637000
Skakelkode(s) 0817
Webwerf: nanchong.gov.cn

Nanchong (Sjinees: 南充) is 'n stad in die Sjinese provinsie Sichuan met 'n bevolking van 6 278 622 in 2010. Die stad is in die sentrum van Sjina, noord van die Jangtse geleë. Nanchong grens in die ooste aan Datsjou, in die weste aan Mianyang en Suining, en in die noorde aan Guangyuan. Die stad is in 314 v.C. deur die Qin-dinastie verower. Tydens die Han-dinastie is dit Anhan genoem en in 621 is die stad onder die Tang-dinastie in Guotsjou ("vrug-stad") hernoem. In 742 is die naam ná Nanchong verander.