Nasionale Voyageurs-park

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Voyageurs National Park
Nasionale Voyageurs-park
IUCN Kategorie II (Nasionale park)

Voyageurs National Park map 2005.04.png

Ligging: Minnesota (Verenigde State)
Koördinate: 48°30’0’’N, 92°53’0’’W
Oppervlak: 882 km²
Stigting: 8 April 1975
Beheer deur: National Park Service
Die Nasionale Voyageurs-park in vroeë herfstyd

Die Nasionale Voyageurs-park (Engels: Voyageurs National Park) is 'n nasionale park in die noorde van die Amerikaanse deelstaat Minnesota, naby die stad International Falls. Die park is in 1975 ter herdenking van die voyageurs gestig - Frans-Kanadese pelshandelaars wat as die eerste Europeërs gereeld deur die gebied gereis het.

Die park is veral gewild by hengelaars en watersportentoesiaste wat hier kajak-, kano- en ander boottoere onderneem. Die Kabetogama-skiereiland, wat heeltemaal in die park geleë is en die grootste deel van sy landoppervlakte beslaan, is slegs per boot toeganklik. Die Boundary Waters Kanogebiedwildernis (Engels: Boundary Waters Canoe Area Wilderness) lê oos van die nasionale park.