Netboek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Vergelyking van die grootte van 'n HP 2133 Mini-Note-netboek en 'n potlood

Die term netboek verwys na 'n kategorie ligte en kompakte skootrekenaars wat ontwerp is om hoofsaaklik as internet-kliënte dien. Hulle verwerkingskrag en geheue is dan meestal ook beperk in vergelyking met groter skootrekenaars, en DVD- of CD-lesers kan vanweë hul klein afmetings nie ingebou word nie, maar lae verkooppryse het van netboeke gewilde basiese intreeklas-rekenaars gemaak.

Die eerste reeks netboeke, wat onder hierdie vakterm bemark is, is in 2007 deur die Nasionaal-Sjinese vervaardiger Asus as Asus Eee PC op internasionale markte ingevoer. Intussen het tabletrekenaars en ultraboeke ernstige mededingers geword.