Oostelike Provinsie (Zambië)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Oostelike Provinsie in Zambië

Die Oostelike Provinsie is een van Zambië se nege provinsies en, soos die naam aandui, in die ooste van die land geleë. Dit grens in die weste aan die Lusaka-provinsie, die Sentrale Provinsie en die Demokratiese Republiek van die Kongo, in die noordweste en noorde aan die Noordelike Provinsie, in die ooste aan Malawi en in die suide aan Mosambiek. Die provinsie beslaan 69 106 km2, die sesde grootste in die land. Die geskatte bevolking was in 2009 1 753 369, die derde meeste.

Die hoofstad is Chipata aan die grens met Malawi. Die dorp se bevolking het snel toegeneem van 52 213 volgens die 1990-sensus tot 105 400 (2009-skatting). Ander belangrike dorpe (met geskatte bevolking in 2009 tussen hakies) is Petauke (26 065), Katete (15 578) en Lundazi (15 190).[1]

Verwysings[wysig]