Opposisieleier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mmusi Maimane, Suid-Afrika se huidige opposisieleier.

Die opposisieleier is die leier van die grootste politieke party wat nie in die regering verteenwoordig is nie. Die opposisieleier vervul verskillende rolle in verskillende lande, maar word algemeen as direkte teenstander van die staatshoof gesien. Die persoon stel dikwels 'n skadukabinet saam, bestaande uit ministers wat die persoon sou kies as sy party aan bewind kom. In seker statebondslande dra die persoon die titel van "Haar Majesteit se Lojale opposisie".

Suid-Afrika[wysig]

Die huidige opposisieleier van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika is Mmusi Maimane van die Demokratiese Alliansie (DA). Hy volg die DA se vorige opposisieleier, Lindiwe Mazibuko op nadat sy aangekondig het dat sy oorsee gaan studeer. Die party se leier, Helen Zille, is nie 'n lid van die Nasionale Vergadering nie, maar is die Premier van die Wes-Kaap.

Lys van Suid-Afrikaanse opposisieleiers[wysig]

# Leier Politieke party Termyn
1 SirLeanderStarrJameson.jpg Leander Starr Jameson Unionisteparty 1910–1912
2 SirThomasSmartt.jpg Thomas Smartt Unionisteparty 1912–1920
3 JBM Hertzog.jpg J. B. M. Hertzog Nasionale Party 1920–1924
4 Jan Christiaan Smuts.jpg Jan Smuts Suid-Afrikaanse Party 1924–1933
vakant 1933–1934
5 DFMalanPortret.jpg D. F. Malan Gesuiwerde Nasionale Party 1934–1940
(3) JBM Hertzog.jpg J. B. M. Hertzog Herenigde Nasionale Party 1940
(5) DFMalanPortret.jpg D. F. Malan Herenigde Nasionale Party 1940–1948
(4) Jan Christiaan Smuts.jpg Jan Smuts Verenigde Party 1948–1950
6 KoosStrauss.jpg J. G. N. Strauss Verenigde Party 1950–1956
7 Sir De Villiers Graaff.jpg Sir De Villiers Graaff Verenigde Party 1956–1977
8 Coat of Arms of South Africa (1932-2000).svg Radclyffe Cadman Nuwe Republiek Party 1977
9 Colin Eglin.jpg Colin Eglin Progressiewe Federale Party 1977–1979
10 Coat of Arms of South Africa (1932-2000).svg Frederik van Zyl Slabbert Progressiewe Federale Party 1979–1986
(9) Colin Eglin.jpg Colin Eglin Progressiewe Federale Party 1986–1987
11 Andries Treurnicht.jpg Andries Treurnicht Konserwatiewe Party 1987–1993
12 Coat of Arms of South Africa (1932-2000).svg Ferdinand Hartzenberg Konserwatiewe Party 1993–1994
vakant 1994–1996
13 Frederik Willem de Klerk.jpg F. W. de Klerk Nasionale Party 1996–1997
14 Marthinus van Schalkwyk crop.jpg Marthinus van Schalkwyk Nuwe Nasionale Party 1997–1999
15 TonyLeon.jpg Tony Leon Demokratiese Party 1999–2000
(15) Demokratiese Alliansie 2000–2007
16 Sandra Botha Demokratiese Alliansie 2007–2009
17 Athol Trollip DA MP.jpg Athol Trollip Demokratiese Alliansie 2009–2011
18 Lindiwe Masibuko DA MP.jpg Lindiwe Mazibuko Demokratiese Alliansie 2011–2014
19 Mmusi Maimane (cropped).jpg Mmusi Maimane Demokratiese Alliansie 2014–nou

Verwysings[wysig]

  • (en) The South African Constitution, deur H.J. May (3rd uitgawe 1955, Juta & Co)
  • (en) Keesing's Contemporary Archives, verskeie volumes
  • (en) Smuts: A Reappraisal, deur Bernard Friedman (George, Allen & Unwin 1975) ISBN 0 04 920045
  • (en) South Africa 1982 Official Yearbook of the Republic of South Africa, gepubliseer deur Chris van Rensburg Publikasies