Parker Pen Maatskappy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
a Parker frontier Bal-punt pen

Die Parker Pen-maatskappy is 'n vervaardiger van penne, gestig in 1891 deur George Safford Parker in Janesville Wisconsin.

Geskiedenis[wysig]

George Parker was 'n verkoopsagent vir die John Holland Gold Pen Company en hy bekom sy eerste vulpenpatent in 1889. In 1894 ontvang hy nog 'n patent vir sy "Lucky curves" ink voedingstelsel wat meer ink terug na die pen se stam stuur en sodoende minder ink gemors het. Vanaf die 1920’s tot die 1960's was Parker die nommer een pen maatskapy ter wêreld voor die uitkoms van die balpuntpen. In 1987 verskuif die maatskapy na Newhaven, East Sussex in Engeland. Die Gilette Maatskappy koop vir Parker in 1993 en verkoop weer vir Parker in 2000 aan Newell Rubbermaid wat ook Papermate en Watermans besit.

Modelle[wysig]

Martini Formule[wysig]

Parker Penne het ‘n advertensie in die 1970's gehad wat 'n hand met 'n Parker pen die volgende formule skryf.

\frac{(3.5G + \frac{V}{2})}{4(H2O)^3} + 3(360o) = M

Die resultaat was dat baie wetenskaplikes wou weet wat die formule beteken. Die formule is egter 'n humoristiese een en is 'n resep vir ‘n martini drankie. 3,5 dele gin en 'n halfdeel van vermouth oor vier dele H2O3 (ysblokkies) met drie roere. Hulle het wel 'n brief ontvang waar die skrywer glo vra: "Wie het al ooit van 'n martini sonder 'n olyf gehoor?"