Piet Mondriaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Piet Mondriaan
Piet Mondriaan.jpg
Piet Mondrian in 1899
Gebore (1872-03-07)7 Maart 1872
Amersfoort, Nederland
Sterf 1 Februarie 1944 (op 71)
Manhattan, New York Stad
Nasionaliteit Vlag van Nederland Nederland
Veld Skildery
Opleiding Rijksakademie
Beweging De Stijl

Pieter Cornelis (Piet) Mondriaan (Amersfoort, 7 Maart 1872 - New York, 1 Februarie 1944) was 'n Nederlandse kunstenaar en skilder wat 'n groot gedeelte van sy lewe in die buiteland gewoon en gewerk het. Hy word oor die algemeen as 'n pionier van die abstrakte en nie-figuratiewe kuns beskou. Veral sy latere geometries-abstrakte werk, met die kenmerkende horisontale en vertikale swart lyne en primêre kleure, is wêreldberoemd en is 'n bron van inspirasie vir vele argitekte en ontwerpers van toegepaste kuns. Hy was één van die belangrikste medewerkers van die tydskrif De Stijl en ontwikkel 'n eie kunsteorie, wat hy Nuwe Beelding of Neo-plastisisme noem. Hy is buite Nederland beter bekend as Mondrian, 'n verfransing (verengelsing) van sy van.