Praalgraf van Ayatollah Khomeini

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Chomejního mauzoleum.jpg

Praalgraf van Ayatollah Khomeini

Behesht-e Zahra, Teheran



Vlag van Iran Iran


Khomeinis Sarg.JPG


Iraniërs gooi bloeisels en banknote in die grafkamer om hul respek te betoon



Opgerig

1989-


Argitek

Mohammad Tehrani



Die Praalgraf van Ayatollah Khomeini huisves die laaste rusplekke van die ontslape Ayatollah Ruhollah Khomeini en sy tweede seun Ahmad Khomeini († 1995). Die grafkompleks, wat deur die argitek Mohammad Tehrani ontwerp is, is sowat tien kilometer suid van die Iranse hoofstad Teheran op die Behesht-e Zahra ("Paradys van Zahra")-begraafplaas geleë.

Boubedrywighede vir die kompleks het kort ná Khomeini se afsterwe op 3 Junie 1989 begin. Dele van die kompleks is tans nog in aanbou, en ná sy voltooing sal dit 'n oppervlakte van meer as 20 km² beslaan, met die praalgraf as sy sentrale gedeelte en bykomende geboue, waaronder 'n kulturele en toerismesentrum, 'n universiteit vir Islamitiese studies, 'n seminarie, 'n winkelsentrum, en 'n parkeerterrein vir 20 000 motors. Die Iranse regering sal altesaam VSA-$ 2 miljard aan die projek bestee.

Die kompleks is 'n pelgrimsoord vir aanhangers van Khomeini, en meer as tien miljoen mense het sy begrafnis bygewoon. Ook regeringslede en buitelandse persoonlikhede bring besoeke aan die praalgraf wat deur Khomeini se kleinseun, Hassan Khomeini, bestuur word. Die kompleks is toeganklik vir aanhangers van ander gelowe.