Rugby League

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Rugbyliga of Rugby League[1][2][3] is 'n kontak spansport wat gespeel word met 'n rugbybal[4] deur twee spanne van dertien spelers op 'n reghoekige grasveld. Rugby league is een van die twee vorme van Rugby-voetbal (Rugby Union oftewel Rugby soos dit in algemeen in Suid-Afrika bekend staan is die ander vorm) en word deur baie as een van die fisies strafste vorme van enige spansport beskou.[5][6][7][8][9][10].

Rugby league ontneem sy naam van die Rugby Football League wat in 1895 gestig is toe die Northern Rugby Football Union weggebreek het van die Engelse Rugby Football Union (RFU), hoofsaaklik oor argumente oor betalings aan spelers. Beide organisasies het die spel aanvanklik onder soortgelyke reëls gespeel totdat soortgelyke skeuringe van RFU geaffilieerde klubs in Australië en Nieu-Seeland in 1907 en 1908 plaasgevind het en sogenaamde rugby football leagues daar gestig is. 'n Veranderde stel reëls is toe bekendgestel en 'n nuwe vorm van rugby voetbal is gebore. Die Northern Football Union het sy naam na die Northern Rugby Football League verander in 1922 en later van die Northern in die naam ook ontslae geraak en sodoende het die sport self mettertyd ook die naam "rugby league" gekry. Oor die jare heen het die reëls van beide vorme van rugby voetbal merkbaar verander sodat rugby league en rugby union vandag twee duidelik onderskeibare sportsoorte is.

Verwysings[wysig]

  1. 'What is Rugby League?' Rugby League European Federation
  2. 'The RLIF'
  3. International Laws of the Game, p.51 [1]
  4. International Laws of the Game, p.8 [2]
  5. Meares, Peter (2003). Legends of Australian sport: The Inside Story. Australia: University of Queensland Press, 132. ISBN 0702234109, 9780702234101. 
  6. Massoud, Josh (2009-04-24). “Gallen pushes himself to limit in the boxing ring”. Daily Telegraph, The. News Limited. URL besoek op 2009-05-27.
  7. Rae, Richard (2003-10-12). “Rugby League: Tongan muscle powers the Bulls”. Sunday Times, The. Times Newspapers Ltd.. URL besoek op 2009-05-27.
  8. Plummer, John. “Running into a Brick Wall”. muscle-fitness.co.uk. URL besoek op 2009-05-27.
  9. My Life in Rugby League: Joe Vagana - Bradford Bulls”. League Express. League Publications Ltd: 2008-04-07. URL besoek op 2009-05-27.
  10. About the Book”. From the Sheds by Matthew Johns. harpercollins.com.au: 2008. URL besoek op 2009-05-27.