SR-71 Blackbird

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
SR-71 Blackbird
Lockheed SR-71 Blackbird.jpg
'n SR-71B oor die Sierra Nevada-berge van Kalifornië in 1994.
Tipe Strategiese verkenningsvliegtuig
Vervaardiger Lockheed, Skunk Works-afdeling
Ontwerp deur Clarence "Kelly" Johnson
Nooiensvlug 22 Desember 1964
Bekendstelling 1966
Onttrek 1999
Primêre gebruiker Amerikaanse Lugmag
NASA
Aantal gebou 32
Ontwikkel van Lockheed A-12

Die Lockheed SR-71 Blackbird was 'n gevorderde, langafstand, Mach 3+ strategiese verkenningsvliegtuig.[1] Dit is ontwikkel as 'n geheime projek van die Lockheed A-12 verkenningsvliegtuig in die 1960's deur Lockheed en sy "Skunk Works"-afdeling. Clarence "Kelly" Johnson was verantwoordelik vir baie van die ontwerp se innoverende konsepte.

Tydens verkenningsmissies, het die SR-71 teen so 'n hoë spoed en hoogte gevlieg, dat dit enige bedreiging kon uitoorlê. Indien 'n naderende oppervlak-tot-lug missiel opgespoor word, was die standaard ontwykende aksie eenvoudig om te versnel en weg te vlieg van die gevaar.[2]

Die SR-71 dien in die Amerikaanse Lugmag van 1964-1998. 'n Totaal van 32 van hierdie vliegtuig is gebou; 12 word verloor in ongelukke, maar nie een word verloor deur vyandige aksie nie.[3] Verskeie byname is aan die SR-71 gegee, insluitend Blackbird en Habu. Sedert 1976, hou dit die wêreldrekord vir die vinnigste lug-asemhaling bemande vliegtuig, 'n rekord wat voorheen deur die YF-12 gehou is.[4][5]

Verwysings[wysig]

  1. "SR-71 Blackbird." lockheedmartin.com. URL besoek op 14 Maart 2010.
  2. "SR71 Blackbird" PBS dokumentêr, vertoon: 15 November 2006.
  3. Landis and Jenkins 2005, bl. 98–101.
  4. Landis and Jenkins 2005, bl. 78.
  5. Pace 2004, bl. 159
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.