Seepampoen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Seepampoen
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Asterids
Orde: Asterales
Familie: Asteraceae
Genus: Arctotheca
Spesie: A. populifolia
Binomiale naam
Arctotheca populifolia
(P.J.Bergius) Norl.

Die Seepampoen (Arctotheca populifolia) is 'n plant wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Die blare is dig oortrek met wit hare. Die madeliefie tipe blomme het geel harte met 'n rand van onbeduidende dofgeel 'kroonblare' met ingeduikte punte. Die plant blom van September tot Mei. Die plant groei op duine waar dit as 'n stabiliseerder dien omrede hulle dik, wollerige matte vorm en ook sodoende winderosie beperk.

Bron[wysig]