Sonlig

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Sonlig, in die breë sin van die woord, is die totale frekwensiespektrum wat deur die son uitgestraal word. Op aarde word sonlig deur die atmosfeer gefilter en word sonlig waargeneem as daglig wanneer die son bo die horison is.

As die direkte sonstraling nie deur wolke bedek word nie, word die sonlig as sonskyn waargeneem wat 'n kombinasie van helder lig en warmtestraling is. Die Wêreld Meteorologiese Organisasie gebruik die term "sonskyn duurte" om te verwys na die totale tyd waarop 'n gebied direkte straling van die son ontvang van meer as 120 watt per vierkante meter.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Hoofstuk 8 – Measurement of sunshine duration”. (PDF) CIMO Guide. Wêreld Meteorologiese Organisasie. URL besoek op 2008-12-01.