Spanningsverdeler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Spanningsverdeler is 'n eenvoudige weerstand-netwerk om die spanning vanaf 'n bron na 'n laer spanning om te skakel.

Die eenvoudigste voorbeeld is 'n spanningsverdeler soos vertoon in figuur 1.

Figuur 1

waar

V_{UIT}=V_{IN}( \frac {R_2} {R_1+R_2} ) \qquad \qquad \qquad (1)

Dus kan gesien word dat as R1 = R2 dan sal die uitgangsspanning die helfte van die ingangsspanning wees.

Figuur 2 wys 'n meer komplekse verdeler.

Figuur 2

waar

V_1=V_{IN}( \frac {R_2+R_3} {R_1+R_2+R_3} ) \qquad \qquad \qquad (2)

en

V_2=V_{IN}( \frac {R_3} {R_1+R_2+R_3} ) \qquad \qquad \qquad (3)

In albei gevalle word die aanname gemaak dat daar noemenswaardig min stroom by die uitgange uitvloei sodat die vergelykings (1),(2) en (3) bly geld.