Suid-Afrikaanse Inkomstediens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die SAID logo.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), ook bekend as SARS, is 'n administratief onafhanklike staatsinstelling wat verantwoordelik is vir die invordering van staatsinkomste uit belasting en heffings, asook om die nakoming van die verskillende belastingwette af te dwing. Die organisasie het op 1 Oktober 1997 ontstaan met die inwerkingtreding van die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Wet 34 van 1997). Die organisasie se voorgangers was die staatsdepartemente Binnelandse Inkomste en Doeane en Aksyns, asook die 10 belastingadministrasies van die voormalige onafhanklike tuislande en selfbesturende gebiede.

Die belastingraamwerk en die verskillende belastingwette is die verantwoordelikheid van die Nasionale Tesourie. Die relevante wetwing, met die belastings en heffings wat die SAID moet invorder, sluit in:

Verder vorder die SAID ook streeksdiensteraadheffings, vaardigheidsontwikkelingsheffings en bydraes tot die werkloosheidversekeringsfonds namens die betrokke instansies in.

Die organisasie se hoof is die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, tans Pravin Gordhan, bygestaan deur ‘n uitvoerende komitee. Die organisasie het ongeveer 14 000 werknemers (status Maart 2006)[1].

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. SAID jaarverslag 2005/06