Tết Offensief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Tết Offensief of Tết Aanval (30 Januarie, 1968 - 8 Junie, 1969) was 'n reeks operasionele aanvalle gedurende die Viëtnam-oorlog, gekoördineer tussen bataljon sterkte elemente van die Nasionale Front vir die Bevryding van Viëtnam of "Viet Cong" (VC) en Divisie eenhede van Noord-Viëtnam se People's Army of Vietnam (PAVN), teen Suid-Viëtnam se Army of the Republic of Vietnam (ARVN), die Verenigde State militêre eenhede en ander ARVN-geallieerde magte. Die operasies word genoem die Tết Offensief omdat dit beplan was om in aanvang te neem die nag van 30-31 Januarie 1968, Tết Nguyên Đán (die maan nuwe jaar). Die offensief het aangehou tot in 1969.

Die Tết Offensief het tot 'n operasionele nederlaag vir die Noord Viëtnam en VC gely. Die Tết Offensief word egter ook algemeen beskou as 'n keerpunt in die Viëtnam-oorlog waartydens die NLF and PAVN enorme sielkundige en propaganda oorwinning behaal. Populêre steun vir die oorlog in die VSA het gou hierna gekwyn en het bygedra tot die ontrekking van Amerikaanse soldate. Die VSA publiek het veel meer kritiek uitgespreek teen die oorlog beleid van President Lyndon B. Johnson na die Tết Offensief. Die entiteit wat die meeste direk deur die aanvalle beïnvloed was, was die Republiek van Viëtnam regering van Nguyễn Văn Thiệu wie se militêre en politieke afhanklikheid van die VSA gedemonstreer is aan die bevolking. Die Tết Offensief word algemeen beskou as 'n voorbeeld van die waarde van propaganda en die media se invloed in die najaag van militêre doelwitte.