Tanoetamoen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Tantamani)
Spring na: navigasie, soek
Tanoetamoen
Ook Tantamani, Tanutamun
Die kop van ’n standbeeld van waarskynlik Amoen met Tanoetamoen se naam op die agterkant.
Die kop van ’n standbeeld van waarskynlik Amoen met Tanoetamoen se naam op die agterkant.
Farao van die 25ste Dinastie
Periode Omstreeks 664-655 v.C.
Voorganger Taharqa
Opvolger Psamtik I
Vader Sjabaka
Oorlede 653 v.C.
Tanoetamoen in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
V29 mr
t
Srxtail.jpg
Nebty-naam
G16
N5 E10 D28
Z1
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
Hiero Ca1.svg
ra E1 kA
Hiero Ca2.svg
Nomen of geboortenaam
G39 N5
 
Hiero Ca1.svg
i mn
n
N17
n
wA ti
Hiero Ca2.svg

Tanoetamoen (ook bekend as Tantamani en Tanutamun) was ’n farao van die Nubiese 25ste Dinastie van Antieke Egipte en koning van Koesj. Sy praenomen was Bakare, wat beteken "Glorieryk is die Siel van Ra".[1]

Hy was die seun van koning Sjabaka en die nefie van sy voorganger, Taharqa.[2]

Bewind[wysig]

Nadat die Assiriërs Necho I as koning aangewys en Egipte verlaat het, het Tanoetamoen van Nubië af met die Nylrivier langs marsjeer en die hele land herbeset, insluitende Memphis. Necho I is in die veldtog dood. Die Assiriërs het na Egipte teruggekeer, Tanoetamoen se magte in die Delta verslaan en so ver suid as Thebe opgeruk, wat hulle geplunder het. Hulle het so die Nubiese heerskappy oor Egipte effektief beëindig, hoewel Tanoetamoen se gesag nog in Bo-Egipte erken is tot sy agtste bewindsjaar, 656 v.C., toe Psamtik I se vloot vreedsaam beheer oor Thebe oorgeneem en Egipte herenig het.

Tanoetamoen het daarna oor Koesj regeer tot met sy dood in 653 v.C.. Hy is in dié land opgevolg deur ’n seun van Taharqa.

Verwysings[wysig]

  1. Peter A. Clayton, Chronicle of the Pharaohs: The Reign-by-Reign Record of the Rulers and Dynasties of Ancient Egypt, Thames and Hudson, Londen, 1994. p.190
  2. Aidan Dodson & Dyan Hilton. The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Thames & Hudson, 2004, ISBN 0-500-05128-3