Venster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Venster in 'n muur

'n Venster is 'n deursigtige of deurskynende (gewoonlik soliede) struktuur wat gebruik word om 'n opening toe te maak. 'n Venster bestaan tipies uit 'n (meestal glas) paneel wat in 'n vensterraam binne die opening gepas word. Sommige vensters is aan skarniere geheg en kan oop en toe maak terwyl ander vensters permanent die opening toemaak.

Vensters word tipies in mure van geboue en by voertuie gebruik om toegang van lug en lig te beheer. Vensters word ook gebruik om temperatuur en klank te reguleer.