Andrea del Verocchio

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Verrocchio)
Spring na: navigasie, soek
Die doop van Christus, 1474-1475, Verrocchio en Leonardo.
Christus en Sint Thomas

Andrea del Verrocchio, gebore as Andrea di Michele di Francesco de' Cioni (± 1435 – 1488) was 'n Italiaanse beeldhouer, goudsmid en skilder wat aan die hof van Lorenzo de' Medici in Florence gewerk het. Sy studente het Leonardo da Vinci, Pietro Perugino, Domenico Ghirlandaio en Sandro Botticelli ingesluit, maar hy het ook kunstenaars soos Michelangelo beïnvloed.

Hy het in die klassieke styl van die Florentynse Vroeë Renaissance gewerk en word beskou as een van die invloedrykste kunstenaars in die oorgangstyd van Vroeë na Hoog Renaissance.