Vierhoek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Paar vierhoeke

'n Vierhoek is 'n meetkundige vorm wat uit vier sye en vier hoeke bestaan. Dit is, naas die driehoek, die eenvoudigste veelhoek of poligoon. Die som van die hoeke van 'n vierhoek is 360 grade. As die vierhoek een gestrekte hoek het, praat mens van 'n ontaarde vierhoek.

'n Paar besondere vierhoeke:

  • Trapesium, 'n vierhoek waarvan ten minste een paar teenoorgestelde sye parallel loop.
  • Parallelogram, is 'n vierhoek waarvan al twee paar teenoorgestelde sye parallel loop.
  • Reghoek, 'n vierhoek met vier reghoeke (90 grade).
  • Vlieër, vierhoek met twee paar gelyke aanliggende sye.
  • Vierkant, 'n vierhoek met vier gelyke sye en vier reghoeke - 'n reëlmatige veelhoek.
  • Ruit, 'n vierhoek met vier gelyke sye.

Eksterne skakels[wysig]