Waaierkelp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Waaierkelp
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Chromalveolata
Filum: Heterokontophyta
Klas: Phaeophyceae (bruinalge)
Orde: Laminariales
Familie: Laminariaceae
Genus: Laminaria
Spesie: L. pallida
Binomiale naam
Laminaria pallida
(J. Agardh 1848)

Waaierkelp (Laminaria pallida) is 'n seewier wat in die see groei. Dit kom voor vanaf Kaap Agulhas, weswaarts al langs die Weskus. Die plant word 5 m hoog en die stamme het groot, waaieragtige blare aan die punte. Die massa van die wortels anker die plant op die seebodem. Dit verkies koue water en kom voor in die benedegetysone tot 30 m diep. Dooie kelp spoel langs die strand uit.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]