We Butter The Bread With Butter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
We Butter The Bread With Butter
Oorsprong Lübben (Duitsland)
Genre(s) Elektrocore, kras elektro, deathcore, screamo
Aktiewe jare 2007 — hede
Portal.svg Musiekportaal

We Butter The Bread With Butter (afgekort tot WBTBWB) is 'n elektrocore musiekduo vanuit Lübben (Duitsland) wat in 2007 gevorm is. Die groep se styl is kras elektronies en sluit aan by die screamo-genre. Die tromme word op 'n tromrekenaar geskep en word deur middel van 'n skootrekenaar by regstreekse opvoerings gebruik. Tydens regstreekse optredes speel die baskitaar vanaf 'n vooropgeneemde band en help sessionele kunstenaars met ander instrumente uit. Die groep het op MySpace bekend geword, waar hul snitte meer as 2,5 miljoen keer gespeel is en hulle meer as 20 000 MySpace-vriende het.[1] Die groep se debuutalbum Das Monster aus dem Schrank (Afrikaans: Die monster uit die kas) is op 21 November 2008 onder Redfield Records se etiket vrygestel.

Diskografie[wysig]

  • Das Monster aus dem Schrank (2008)

Eksterne skakels[wysig]

Musiekvideo's[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Alex J. MySpace