Wikipedia:Kouspop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Kouspop.

'n Kouspop is 'n ekstra gebruikersrekening wat 'n Wikipediaan vir misleidende doeleindes gebruik. Voorbeelde hiervan is gebruikers wat meer as een rekening oopmaak om meer as een keer te stem, of om 'n Wikipedia beleid te omseil.

Die benaming het 'n negatiewe konnotasie en die gebruik daarvan word ten sterkste afgeraai. Die Wikipediaan wat die kouspop gebruik word ook 'n kouspop- of marionetspeler genoem.