Wikipedia:Omtrent

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Wikipedia is ’n veeltalige, webgebaseerde ensiklopedie met gratis inhoud wat deur enigiemand gewysig kan word. Die naam is saamgestel uit die Hawaise woord wiki ("vinnig") en "ensiklopedie". Dit is ’n samewerkingsprojek wat deur duisende gebruikers gewysig en in stand gehou word. Dit word gedoen deur middel van wiki-sagteware, en die gasheerdiens en ondersteuning word gebied deur die nie-winsgewende Wikimedia Stigting. Alhoewel Wikipedia beoog om tipiese ensiklopediese inligting te bevat, sluit die Wikipediabladsye ook inligting in wat ’n mens in spesialistydskrifte, geografiese woordeboekindekse en ander spesialiteitstydskrifte sou verwag. Boonop verskaf Wikipedia dekking van huidige gebeure.

Oorsig[wysig | wysig bron]

Die Wikipedia-projek het drie kenmerkende eienskappe:

  1. Dit is primêr ’n ensiklopedie, of het ten doel om een te word.
  2. Dis ’n wiki omdat dit gewysig kan word deur enigeen (buiten ’n geblokkeerde gebruiker). Dit sluit beskermde bladsye uit.
  3. Dit bevat oopbroninhoud en gebruik die kopieregvrye GNU/FDL-lisensie.

As jy graag ’n Wikipedia-bydraer wil word, sien gerus "Welkom nuwelinge".