Wikipedia:Visuele teksverwerker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die visuele teksverwerker of VisualEditor soos dit in Engels bekend staan, is 'n manier van Wikipedia wysig wat die gebruik van wikiteks uitskakel. Hierdie gerief maak dit dus makliker vir die minder tegniese gebruikers van Wikipedia om ook 'n bydrae te lewer, en bied 'n alternatiewe wysigingsmetode aan diegene wat wel met wikiteks vertroud is, maar wat dalk om ander redes eerder 'n wat-jy-sien-is-wat-jy-kry-teksverwerker wil gebruik.