Bilbo Baggins

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bilbo Baggins
Bilbo en Gandalf
Bilbo en Gandalf

Skepping
Eerste verskyning The Hobbit (1937)
Geskep deur J.R.R. Tolkien
Inligting
Spesie Hobbit
Geslag Manlik
Nasionaliteit "Midde-aarde"

Bilbo Baggins is 'n denkbeeldige karakter wat 'n hobbit genoem word ('n tipe dwerg), in die wêreld van die "Midde-aarde" ('n fiktiewe kontinent op Aarde). Hy is die hoofkarakter in J.R.R. Tolkien se kinderfantasie The Hobbit, asook 'n ondersteunende karakter in Lord of the Rings.[1]

Smaug, die draak

Bilbo is op 22 September 2890 in die Derde Era, of in 1290 volgens die Goue Telling gebore. In The Hobbit reis hy saam met die towenaar Gandalf en 'n groep van 13 Dwerge na Erebor om 'n skat wat aan die Dwerge behoort van die draak Smaug terug te steel. In die storie vind Bilbo 'n ring wat die draer daarvan onsigbaar maak.

Op 29 September 3021 word hy deur sy neef Frodo en Gandalf na die Gryse Hawens (Mithlond) vergesel, waar hulle saam met die laaste groep Elwe 'n skip oor die see na Valinor neem. Bilbo is teen daai tyd 131 jaar oud. Hy is nie het die oudste hobbit alle tye nie, maar ook die mees wêreldwyse hobbit ooit.

Hy speel vervolgens 'n rol in die eerste en laatste deel van die boek Lord of the Rings.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8