Die bankrower
Die Bankrower | |
---|---|
Regisseur | Manie van Rensburg |
Produksieleier | Manie van Rensburg |
Draaiboek | Chris Barnard, Manie van Rensburg |
Met | Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Cobus Rossouw e.a. |
Verspreider | Kavalier Films |
Uitgereik | 1973 |
Speeltyd | 87 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Die Bankrower is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1973 deur Kavalier Films uitgereik is. Manie van Rensburg was die regisseur, vervaardiger en een van die skrywers.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is ’n aksierolprent.
Akteurs
[wysig | wysig bron]Van die akteurs is Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Cobus Rossouw, Louw Verwey, Siegfried Mynhardt en Tromp Terre'blanche.
Storielyn
[wysig | wysig bron]Die seun van die hoof van "die veiligste bank in Suid-Afrika" steel ’n groot klomp geld van die instelling om sy pa te oortuig dat die veiligheidstelsel nie goed genoeg is nie. Met die hulp van sy vriendin verdubbel hy die geld by 'n kasino en plaas die gesteelde bedrag dan terug in die bank se kluis. ’n Professionele dief het hulle egter dopgehou en pers die seun en pa af om die geld wat by die kasino gemaak is, uit hulle te kry.