FAK-sangbundel
Voorkoms
(Aangestuur vanaf F.A.K.-Volksangbundel)
Die FAK-sangbundel, aanvanklik genoem die F.A.K.-volksangbundel vir Suid-Afrika, is 'n sangbundel wat Afrikaanse volksmusiek bevat en deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) uitgegee word. Die eerste weergawe het in 1937 sy verskyning gemaak en word beskou as die mees omvattende versameling Afrikaanse lirieke met bladmusiek. Dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies (soos die Voortrekkers en jeugkampe), koormeesters en ook skole.
Liedjies
[wysig | wysig bron]Van die populêre liedjies in die FAK-sangbundel sluit in:
- As Julle dalk 'n Vleisie Braai
- Al die Veld is Vrolik
- Die blou Berg
- Die Stem van Suid-Afrika
- Daar kom die Alibama
- Daar's 'n lief ou Hartbeeshuisie
- Ek hou van jou, vaal ou Karooland
- Franschoek Vallei is enig
- Griet, My Skat, en weet Jy wat
- Hasie in die Bossie
- In die stilte van My Tuin
- Jy met Jou Mandolientjie
- Kinders, moenie in die Water mors nie
- Liefste Tannie ons bring Rosies
- Magaliesbergse Aandlied
- My hartjie, my liefie
- Nooi van die Velde
- Ou Paddatjie kom aangespring
- Pikaninie Wiegelied
- Die Roos
- Siembamba
- Trekliedjie
- As die Oproep Weerklink
- Marietjie, Maraia, Maryne
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FAK-sangbundel. |
Wikisource bevat oorspronklike teks in verband met |