Gaan na inhoud

Germania Schöneiche

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Germania Schöneiche

Volledige naam Sportverein Germania
1990 Schöneiche e.V.
Stigtingsdatum 1894
Tuisveld Jahnstadion,
Schöneiche
Kapasiteit 2 000
Kompetisie Oberliga Noordoos-Noord
Jahnstadion, Schöneiche

Germania Schöneiche is 'n sokkerklub uit Schöneiche in die deelstaat Brandenburg in Duitsland.

Die klub het oorspronklik in 1894 ontstaan as MTV Germania Kleinschönbeck Schöneiche, 'n gimnastiekklub. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig as SG Schöneiche en tipies aan die DDR is die naam hierna verskeie kere verander: BSG Lokomotive Schöneiche, BSG Motor Friedrichshagen, BSG Motor Ostend, BSG Empor Köpenick, TSG Schöneiche en uiteindelik BSG ZBE Landbau Schöneiche. Die huidige naam is na die hereniging van Duitsland aangeneem.

Die klub het sy grootste prestasie in 2004 gelewer deur die Brandenburgpokal te wen en daarmee vir die hoofrondte van die DFB-Pokal te kwalifiseer, waar daar in die eerste rondte met 1-2 teen TSV 1860 München verloor is.

Onlangse ligaposisionering

[wysig | wysig bron]
  • 1996-97 (VII) Landesklasse 1ste
  • 1997-98 (VI) Landesliga BB St. Noord 9de
  • 1998-99 (VI) Landesliga BB St. Noord 1ste
  • 1999-00 (V) Verbandsliga Brandenburg 8ste
  • 2000-01 (V) Verbandsliga Brandenburg 11de
  • 2001-02 (V) Verbandsliga Brandenburg 9de
  • 2002-03 (V) Verbandsliga Brandenburg 6de
  • 2003-04 (V) Verbandsliga Brandenburg 2de
  • 2004-05 (V) Verbandsliga Brandenburg 3de
  • 2005-06 (V) Verbandsliga Brandenburg 1ste
  • 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 11de
  • 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 11de
  • 2008-09 (V) Oberliga Noordoos-Noord 13de
  • 2009-10 (V) Oberliga Noordoos-Noord 9de

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Klaarblyklik tans (status 30/6/07) geen amptelike klubblad nie.
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen

Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC |
Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn |
Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II |
Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow