Spikulum
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Kieselnaald)
'n Spikulum (mv. spikula) is 'n verharde orgaan in die vorm van 'n klein spies. Dit kom veral by sponse soos die glassponse voor.
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die Romeinse spiculum (mv. spicula) was 'n soort spies.
Sponse
[wysig | wysig bron]Sponse het afhangende van die spesie verskeie soorte spikula. Hulle is gewoonlik van kiesel vervaardig.
Daar kan as volg onderskei word:[1]
- Skeletspikula
- Hulle is gewoonlik eenvoudig, lank en effens geboë. Skeletspikula kan 'n onreëlmatige mat vorm of in bundels voorkom wat fasciculi genoem word of verspreid in en op die keratose vesels voorkom waaruit die skelet hoofsaaklik opgebou is.
- Verbindingspikula
- Hulle is nie 'n onderdeel van die skelet nie en het 'n ondersteunende rol in sommige genera soos Geodia en Pachymatisma
- Verdedigingspikula
- Hulle beskerm die spons. Daar is twee soorte: aan die buite- en aan die binnekant van die dier. Hulle kan by sommige soorte ontbreek.
- Spikula wat die vliese versterk
- Hulle is taamlik eenvoudig in vorm en is dikwels baie klein maar talryk
- Sarkodespikula
- Hulle versterk die jellie-agtige sarkode van die spons en is dikwels mikroskopies klein
- Gemmula-spikula
- Hulle is ingebed in die gemmula van die spons.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Edinburgh New Philosophical Journal, Deel 6, A. and C. Black, 1857