Nag van vrees
Nag Van Vrees | |
---|---|
Regisseur | Stanley Roup |
Produksieleier | Flip Bezuidenhout |
Met | Ian Roberts Brümilda van Rensburg Peter Sepuma |
Uitgereik | 1985 |
Speeltyd | 94 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Nag Van Vrees is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1985 uitgereik is. Die vervaardiger was Flip Bezuidenhout, terwyl Stanley Roup die regie behartig het.[1]
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is ’n riller. As gevolg van sekere spannigstonele, asook 'n omstrede naaktoneel het die rolprent 'n 2-18 ouderdomsperk.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Ian Roberts as Steve
- Brümilda van Rensburg as Sonja
- Peter Sepuma (soms ook gespel: Peter Se-Puma), as Thabo
- Sandra Ferreira as Katrien
Storielyn
[wysig | wysig bron]Steve doen navorsing op sy plaas oor giftige slangoorte met die hulp van sy jarelange assistent en vriend, Thabo. Hy en sy vrou, Katrien is pasgetroud en dolverlief, maar vrees vir sy gevaarlike werk gooi 'n skadu oor Katrien se geluk en veroorsaak spanning tussen hulle.
Katrien se vriendin Sonja kuier by hulle en as kunstenares put sy inspirasie uit die lieflike omgewing, maar raak ook bewus van onderstrominge wat haar vreesbevange stem. Vreemde moorde in hul omgewing verdiep haar onrus, en 'n onverwagte ontdekking bepaal haar noodlot.
Katrien verdwyn en vrees vir haar welsyn dryf Steve tot die uiterste.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 'Nag van Vrees' Nog te veel pretensies, Die Burger, 5 Maart 1986