Neda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Iraniërs plaas blomme op Neda se graf

Neda Agha-Soltan, (Persies: ندا آقا سلطان - Nedā Āġā Soltān; 198220 Junie 2009), was 'n jong Iranse vrou wat in die strate van Teheran aan betogings deelgeneem het teen die manipulasie van die Iranse presidentsverkiesings se uitslae deur president Mahmoud Ahmadinejad en die Opperste Leier ajatolla Ali Khamenei.

Sy is op 20 Junie 2009 doodgeskiet, moontlik deur die Basidzj. Die beelde van die sterwende vrou het via die internet en internasionale televisienuusdekking die wêreld geskok. Binne 'n dag het sy die gesig van die stryd vir vryheid en demokrasie in Iran geword.