Verskil tussen weergawes van "Demokratiese ontwikkeling as uitvloeisel van industrialisering"

Jump to navigation Jump to search
 
===Die Republiek en die Rooms-Katolieke Kerk===
Na 1880 het die uiterste Radikale Republikeine luidkeels hul misnoeë te kenne gegee oor die groot mate van seggenskap wat die [[Rooms-Katolieke Kerk]] in verband met die onderwys in Frankryk gehad het. In 1882 is primêre onderwys verpligtend gemaak, maar die onderrig moes sekulêr van aard wees. Godsdiensonderrig is nie in die skole toegelaat nie. Daar is toe geëis dat die band tussen die Kerk en die Staat verbreek moes word, asook dat die Konkordaat wat Napoleon I in 1801 met Rome gesluit het, opgesê moes word. Hierdie beweging het gelei tot 'n heftige stryd met die Klerikale Party in die parlement. Uiteindelik is, in 1905, die band tussen die Rooms-Katolieke Kerk en die Staat deur die Skeidingswet verbreek, en geen amptelike erkenning is hierna aan enige godsdienstige organisasie in Frankryk verleen nie. Die beheer oor die onderwys het reeds volkome van die Kerk op die Staat oorgegaan.
 
===Sosialisme===
37

wysigings

Navigasie-keuseskerm