Verskil tussen weergawes van "Fietsry"

Jump to navigation Jump to search
369 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[BeeldLêer:Andrey_Kashechkin.jpg|thumb|250px|'n Fietsryer tydens 'n wedren.]]
[[BeeldLêer:Masson flameng.jpg|thumb|250px|Fietsry het 'n ryke geskiedenis.]]
 
'''Fietsry''' is die gebruik van fietse vir vervoer, rekreasie of vir sport. Fietsry is 'n baie effektiewe vervoermiddel vir kort na middel afstande. Fietsry hou baie voordele in in vergelyking met motorvoertuie, bv. goeie oefening, 'n alternatief vir die gebruik van nie-hernubare energiebronne, geen lug of geraasbesoedeling, verminderde verkeersdruk, maklike parkering ens.
 
==Fietsry vir vervoer==
Fietsry word algemeen as vervoermiddel ingespan om mense en goedere van een put na 'n ander te vervoer. Voorbeelde hiervan is 'n posbode wat briewe per fiets aflewer of 'n persoon wat 'n fiets inspan om na sy werksplek te reis.
 
==Fietsry vir rekreasie==
Fietse word ook algemeen ingespan as ontspanning om (gewoonlik kort) plesierritte te onderneem.
 
==Fietsry vir Sport==
'''Fietsry''' is 'n versamelnaam vir alle [[sport]]e waar daar van [[fiets]]e gebruik gemaak word om aan wedrenne deel te neem. Die Internasionale Fietsryvereniging organiseer die sport wêreldwyd. Die sport bestaan uit 'n aantal items, maar ongeag van die item, die wêreldkampioen dra altyd die reënboogtrui tydens kompetisies.
 
Die Olimpiese fietsryitems sluit in:
* Padwedrenne
* Baanwedrenne
* [[Cross Country (bergfiets)|Bergfiets-wedrenne]] (Cross Country)
* [[Bergwedrenne]]
* BMX-wedrenne
 
Anonieme gebruiker

Navigasie-keuseskerm