Spikulum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Spikula)
Jump to navigation Jump to search

'n Spikulum (mv. spikula) is 'n verharde orgaan in die vorm van 'n klein spiesie. Dit kom veral by sponse soos die glassponse voor.

Etimologie[wysig | wysig bron]

'n Romeinse spikulum

Die Romeinse spiculum (mv. spicula) was 'n soort spies.

Sponse[wysig | wysig bron]

'n Spikulum

Sponse het afhangende van die spesie verskeie soorte spikula. Hulle is gewoonlik van kiesel vervaardig.

Daar kan as volg onderskei word:[1]

  1. Skeletspikula
    Hulle is gewoonlik eenvoudig, lank en effens geboë. Skeletspikula kan 'n onreëlmatige mat vorm of in bundels voorkom wat fasciculi genoem word of verspreid in en op die keratose vesels voorkom waaruit die skelet hoofsaaklik opgebou is.
  2. Verbindingspikula
    Hulle is nie 'n onderdeel van die skelet nie en het 'n ondersteunende rol in sommige genera soos Geodia en Pachymatisma
  3. Verdedigingspikula
    Hulle beskerm die spons. Daar is twee soorte: aan die buite- en aan die binnekant van die dier. Hulle kan by sommige soorte ontbreek.
  4. Spikula wat die vliese versterk
    Hulle is taamlik eenvoudig in vorm en is dikwels baie klein maar talryk
  5. Sarkodespikula
    Hulle versterk die jellie-agtige sarkode van die spons en is dikwels mikroskopies klein
  6. Gemmula-spikula
    Hulle is ingebed in die gemmula van die spons.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Edinburgh New Philosophical Journal, Deel 6, A. and C. Black, 1857