Vragmotor

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Trok)
Jump to navigation Jump to search
Sy- en onderkant van 'n 18-wiel-vragmotor:
1. Kopstuk
2. Sleepwa (kan afgehaak word)
3. Enjin
4. Kajuit
5. Slaapplek (nie by alle vragmotors nie)
6. Windvlerk
7. Brandstoftenk
8. Vyfdewielkoppeling
9. Vragruimte
10. Pote vir wa wat afgehaak is
'n Tipiese Road Train in Australië.
Daimler-Lastwagen, 1896

'n Vragmotor of trok (ook soms lorrie) is 'n tipe vragvoertuig wat gebruik word om goedere op paaie te vervoer. Die meeste vragmotors het dieselenjins, wat diesel as brandstof gebruik. Die woord "trok" kom van die Griekse woord "trochos", wat "wiel" beteken.

Tipe vragmotors volgens grootte[wysig | wysig bron]

Ligte vragmotors[wysig | wysig bron]

Ligte vragmotors is dié wat min of meer so groot soos motors is. Hulle word deur individue en maatskappye gebruik om kleiner voorwerpe te vervoer. In die Verenigde State van Amerika word 'n vragmotor as 'n ligte trok geklassifiseer as dit minder as 6 300 kg (13 000 pond) weeg.

Mediumvragmotors[wysig | wysig bron]

Mediumvragmotors is swaarder as ligte vragmotors, maar ligter as swaar vragmotors. Hulle word gewoonlik gebruik vir plaaslike aflewerings en openbare dienste soos afvalverwydering. In die Verenigde State word 'n vragmotor as 'n mediumtrok geklassifiseer as dit tussen 6 300 kg (13 000 pond) en 15 000 kg (33 000 pond) weeg.

Swaar vragmotors[wysig | wysig bron]

Swaar vragmotors is die swaarste vragmotors wat op paaie toegelaat word. Hulle staan ook as lorries bekend. Die meeste swaar vragmotors is sleeptrokke, waarvan die kopstuk van die sleepwa afgehaak kan word. Die enjin is in die kopstuk, terwyl die sleepwa sy eie wiele het, maar nie oor 'n enjin beskik nie.

Fotogalery[wysig | wysig bron]