1 (getal)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die getal 1, vir ander gebruike, sien 1 (dubbelsinnig).
1 (getal) – 1
Orde eerste

Syfers: 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

10 20 30 40 50 60 70 80 90

Sjinese handsein.

1 (een) is 'n natuurlike getal wat ná nul en vóór twee op die getallelyn lê. Een verteenwoordig 'n enkele item. 'n Mens het gewoonlik één hoof, neus, mond en naeltjie. Die Romeinse skryfwyse is I.

Wiskunde[wysig]

1 is 'n spesiale getal in wiskunde, omdat enige getal wat met een vermenigvuldig word, daardie selfde getal as antwoord sal hê. 1 word gevolglik die identiteitselement van vermenigvuldiging genoem.1 het slegs een faktor, naamlik 1(homself) en is dus nie 'n priemgetal nie. 1 is die eerste getal van die Natuurlike getallestelsel.

Rekenaarwetenskap[wysig]

Die getal een is belangrik in rekenaarwetenskap omdat dit, tesame met nul, deel is van die binêre numeriese stelsel. In masjienkode en programmeringstaal beteken een "waar". Nul beteken weer "onwaar".

Ander betekenisse[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Eenvoudige Engelse Wikipedia vertaal.