Aardhommel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aardhommel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Hymenoptera
Familie: Apidae
Subfamilie: Apinae
Genus: Bombus
Spesie: B. terrestris
Binomiale naam
Bombus terrestris
Linnaeus, 1758

Die aardhommel is een van die volopste hommelbyspesies in Europa. Hulle word gekenmerk deur die wit onderkante van hulle mae. Die koninginby is 2–2,7 cm lank, terwyl die werkers 1½–2 cm lank is. Aardhommels is nie so sosiaal soos heuningbye nie, maar meer sosiaal as groefbye.

Die koningin bou 'n nes wat so groot soos 'n mens se vuis is, waarin tot 50 werkerbye kan lewe. Aan die einde van die jaar sal die hele swerm vrek en net die jong koninginne oorbly.

Aardhommels kan hul weg terug na hulle nes vind van 'n afstand so ver as 13 km.[1]

Bronnelys en verwysings[wysig]

  • Bye in Wêreldspektrum, volume 4. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
  1. Louisa Cheung. "Homing instinct of bees surprises", BBC News, 26 Julie 2006.