Akademie vir Skone Kunste (Umeå)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Akademie vir Skone Kunste
Konsthögskolan i Umeå
Umeå konsthögskola February 2013.jpg
Die hoofgebou

Gestig: 1987
Tipe: openbare universiteit
Rektor: Roland Spolander
Personeel: 18
Studentetal: 70
Ligging: Umeå, Västerbotten län, Swede
63°49′15″N 20°16′37″O Koördinate: 63°49′15″N 20°16′37″O
Webtuiste: http://www.art.umu.se/en/
Ingang van die akademie

Die Akademie vir Skone Kunste van Umeå (Konsthögskolan i Umeå) is 'n Sweedse kunsskool aan die Universiteit van Umeå. Die kunsskool maak saam met die Akademie vir argitektuur, die Desinginstituut, die Bildmuseet en HumlabX deel uit van die Umeå Kunskampus.

Opleidingskursusse[wysig]

Die kunsskool bied twee kursusse in die beeldende kuns aan: die driejarige baccalaureusgraad (BFA) en 'n tweejarige nagraadse Meesters-kursus (MFA). Daar word ook kursusse in estetika I, II en III aangebied en somerkursusse word georganiseer. Die opleiding in beeldende kunste bevat praktiese sowel as teoretiese aspekte. Studente leer om te werk met hout, metaal, gips, brons, afdrukke, foto's, video's, klank en rekenaargebaseerde kuns.

Die werk van die studente word sedert 1993 deurlopend in hul eie kunsgalery uitgestal[1] en op die jaarlikse uitstalling wat op die skoolterrein of in die nabygeleë Bildmuseet gehou word.[2]

Navorsing[wysig]

Die kunsskool doen ook navorsing op artistieke basis, verwant aan die nasionale "Artistieke Navorsing skool" (Konstnärliga forskarskolan)[3] en 'n aantal ander navorsingsprojekte.

Geboue[wysig]

Die opleiding is aanvanklik in 'n voormalige fabrieksgebou naby die Ume-rivier aangebied, waarvan die fasade in 1909 deur Sigge Cronstedt ontwerp is. Die fabriek is in 1910 geopen en was van die eerste belangrike nywerhede in die stad. Dit was tot in 1954 in bedryf. Die ou fabrieksgebou is in 1986 in 'n skoolgebou omskep en die kunsskool het 'n jaar later ingetrek.

In die lente van 2012 het die Kunsakademie verhuis na 'n nuwe gebou, 'n eiendom op die kunskampus. Die voormalige gebou is in 2013-2014 weer verbou en word nou gebruik vir artistieke projekte en huisves die Akademie se kunsgalery.

Kyk ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]