Alfadeeltjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Alfadeeltjies (simbool: α) is swaar, positiefgelaaide deeltjies wat selfs nie in lug baie ver beweeg nie. Alfadeeltjies is baie ioniserend, alhoewel dit nie die menslike vel kan binnedring nie. Alfadeeltjies kan gevolglik nét skadelik wees wanneer dit binne-in die liggaam verkeer. Alfadeeltjies kan die liggaam binnedring deur die inaseming van radioaktiewe stof, óf andersins deur die inname van radioaktiewe materiaal wat alfastraling afgee. Alfadeeltjies kan nie ‘n dun vel papier of ‘n mens se vel penetreer nie. Indien radioaktiewe elemente wat alfadeeltjies uitstraal egter om die een of ander manier in ‘n mens se liggaam beland, kan dit gevoelige organe, soos die longe en die skelet, beskadig. Deur stofbeheermaatreëls te installeer, of deur die regte gebruik van asemhalingsbeskermingsapparate soos stofmaskers, kan die inaseming of inname van materiale wat alfadeeltjies afgee, tot die minimum beperk word.