Alkaloïde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Chemiese struktuur van efedrien.
Kafeïen

Alkaloïde is chemiese verbindings met 'n basis van stikstof-atome wat natuurlik geproduseer kan word. Die naam kom van die woord alkali en word gebruik om enige alkaliese stof wat stikstof bevat te beskryf.

Alkaloïdes word deur 'n groot verskeidenheid organismes vervaardig, soos bakterieë, fungi, plante en diere en is deel van die groep van natuurlike produkte (ook sekondêre metaboliete genoem). Baie alkaloïdes kan van basiese stowwe met 'n suur-basis-onttrekking gesuiwer word. Verskeie alkaloïdes is giftig vir ander organismes. Sommige alkaloïdes het 'n bitter smaak.