Allahabad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Allahabad
इलाहाबाद / प्रयाग (Hindi)
الہ آباد / پریاگ (Oerdoe)

Prayag
Die Nieu-Yamuna-brug in Allahabad.
Die Nieu-Yamuna-brug in Allahabad.
Ligging van Allahabad op 'n kaart (Indië)
Allahabad
Allahabad
Ligging in Indië
Koördinate: 25°27′00″N 81°51′00″O
Land Vlag van Indië Indië
Deelstaat Oetarpradesj
Distrik Allahabad
Stigting 1583
Regering
 - Tipe Allahabad Munisipale Korporasie
 - Burgemeester Abhilasha Gupta
Oppervlak
 - Stad 5 424 km²  (2 094 vk m)
Hoogte 98 m (322 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 1 117 094
 - Metropolitaans 5 959 798
 - Metrodigtheid 1 087/km² (2 820/vk m)
Tydsone IST (UTC+5:30)
Poskode 211001-18
Skakelkode(s) 532
Webwerf: allahabad.nic.in

Allahabad (Hindi: इलाहाबाद, Oerdoe: الہ آباد; Ilāhābād [ɪlaːhaːˈbaːd̪]) of Prayag (Hindi: प्रयाग, Oerdoe: پریاگ; Prayāg [prʌˈjaːɡ]) is 'n stad in die Indiese deelstaat Oetarpradesj met 'n bevolking van 1 117 094 in 2011. Die stad is in 1583 gestig en is vernoem ná Allah, die Arabiese naam vir God en -ābād, Persies vir te bou of te skep, wat beteken "Stad van God" of "God se skepping". Allahabad is aan die Ganges, 'n heilige rivier van die Hindoeïsme, geleë. Dus is Allahabad 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes. Elke 12 jaar word die fees Kumbh Mela gevier.

Allahabad is bekend as "stad van die Eerste Ministers", omdat sewe van 13 Eerste Ministers van Indië verbindings met die stad gehad het. Onder andere is Indira Gandhi in Allahabad gebore. Die tydsone van Indië en Sri Lanka, UTC+05:30 word vanaf die observatorium in Allahabad in Indië bereken.